Langs rooi vure
‘n Prentjie van geweld en aggressie
elkeen se smart, hartseer en pyn
omring van angs geskreeu
smagtend sig nog eens te wreek
Die sandput is verskriklik klein
‘n ma wat saggies huil
haar huis se skimme spokend
‘n bedjie leeg en koud
Toe die dag breek sӗ ma
trek oop die grordyn
sodat die lig
binne-in kan skyn
Kyk op na bo
waar die hemel wyd is
en laat die vergadering
van die volke U omring
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.