
My bergparadys
My bergparadys
Dierbare Koos, ek wil jou vertel
van my ‘Lisa’ sonder ‘n rok,
my ‘Lisa’ van die berge,
soos ‘n betowerende melodie
word hy my toevlugsoord.
Sy vingers ken die klawers
van sy vleuelklavier,
soos ou bekende minnaars
vlei hy die note van sy verlange
terwyl ek oor die bobbejaanberge tuur.
Die kluisenaar van die bergparadys
se towerklanke eggo
deur die klowe en in die vallei
en bring my gebroke hart
tot stille vrede en kalmte.
Soos ‘n wafferse Liberace
kom maak hy sy buiging
op die agterstoep
terwyl ek as applous
vir ons nog soet koffie skink…
© Lynne Lexow
* Na ‘Lisa se klavier’ deur Koos Kombuis
* Foto : Peter Coe & Jessie deur Roger Young
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.