My hart se droom
Waar daar vreugde groei
sal lente bloeisels bloei
bring waarheid aan my drome
dek ek groen die bome
So skoon en ongeskend
so stil, sag en soet
geluk wat so diep
nestle in my bloed
Ek sien ‘n pad van grassies sag
en oor dit skyn die sagte maan
‘n ster wat helder blink
in die tuin van liefde en geluk
Dankie wat ek in my hart kan stoor
uit herinnering kan toor
alles wat gedagtes bind
alles, ja, het ek gevind
4 Kommentare
-
-
neels
Pragtige werk Palet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Lente projek