Boodskapper die Wind
Boodskapper die Wind
Vrede!
Vrede?
Almal roep om vrede en
almal soek daardie vrede maar
vind alles is omstrede die vrede
is nêrens op aarde te vinde nie
berig boodskapper die wind—
Vanuit jou huis tot maatskappy
kring die versoek wêreldwyd uit
maar jy kry net die wrede tydings
die kom geswind via Tv en radio
berig boodskapper die wind—
Waar is die vrede versteek
onbewus van sorge en stryd?
By die kerk,
by die werk,
by die huis?
Nee, die het ook sy kruis
berig boodskapper die wind—
Hy het lande wêreldwyd deurkruis
en die vrede nêrens gevind want dit
het in onbruik verval, obsoleet en
het spoorloos in die niet verdwyn—
Dis glo net ‘n mite en blote skyn,
berig boodskapper die wind—
Janetta – Helena [Babs]©
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Palet
Goed gedoen, hou hiervan