
September
Deur dowwe grys
van swaar wintersdae
breek skugter, die
nuwe blomgesiggies deur,
die spikkels van die lentereën
vorm ‘n groen mirage
van nuut gebore seën
‘n sonbal
wat oor dorre vlaktes rol,
dans duwweltjiesblom
baldadig dog kuis
tussen skoenlappervlerk geruis
waar eens dorings en distels was,
bot ‘n duisend en meer
grasgroen blare teen skurwestam
waar voëlnessies slingerend swaai
daar waar lentewind
onhoorbaar tiekiedraai
in sagte pienk
vorm die truksvy in geheim
(verbode vir mense-oog) in sy kiem
reeds sy stroopsoet saad,
die lewe is mooier as mooi
in Septembermaand
want alles is in bloeisels
getooi.
© Anzé Bezuidenhout
5 Kommentare
-
neels
Anze op haar beste
-
Palet
Blom die gedig.... te fraai
-
Ronel Janse van Vuuren
Mooi :-)
-
Kiekies
Mmmm ....ja dis mooi!!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Anze, dis 'n baie mooi beskrywende gedig :-)