Jongste aktiwiteit:

Die Winter Is Hier

Die Winter Is Hier

Daar heers ‘n groot droogte in my hartland,
die somerreëns van jou liefde bly weg en
my dorre hartland is aan die wegkwyn—
Waar bly die strelende verfrissende lawende
somerreëns van jou liefde om weer my dorre
hartland in wuiwende groen grasveld te omskep ,
en te dra deur al die winterse teëspoed en sorge
van die lewe anders bly sit ons net met stomp
afgevrete droë graspolle van ‘n gestorwe liefde—-
Waar bly die somerreëns van jou liefde?
Die winter is hier—-

Janetta – Helena [Babs] ©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed