Jongste aktiwiteit:

My linkerhand-kind

my kind, jy sê jy wens
dat jy my linkerhand-kind
my regterhand was
wat fyn en raak kan vat
klere maak waaroor almal O… en A…
gebak voorsit by die kerkbasaar
maar jy voel jy laat alles val
jy is nie eers ‘n ma
wat lewe in jou dra
tog my kind
is jou lewe nie leeg
leef jy voluit ja
in die lewe se gate
waar seerkry mense skuil
gee jy kinders kos
troos mense wat huil
is jy my linkerhand-kind
regterhand vir jou Pa




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed