My meisiekind
jou mooi siel weerkaats in diep poele water
in die woestyn is ons my oase
uit jou oë put ons krag
dag vir dag
bring jy koel lafenis
vir al wat seerkry mens en dier is
jy bring ons na oases wat heel
dit wat jy het word met ander gedeel
uit die diep poele water van die Groot Fontein
laat jy ons drink tot ons dors verdwyn
met die sagte reën van die Heilige Gees
sal jou diep poele water altyd vol wees
jou kragte raak nooit ooit te min
om verloorders te help om weer te begin
jy weerkaats die beeld wat ons wil wees
gee aan die wat honger is die Vrugte van die Gees
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Dit is wonderlik as mens so mooi oor jou meisiekind kan skryf :-)