Jongste aktiwiteit:

Kind van klei

my kind van klei
binne Gods genade
kon ek jou na Sy beeld brei
geseënd was ek
om te kon werk
aan Sy kosbare skeppings-taak
nou is jy groot
moet jy jou eie pad loop
kan ek jou net in gebed opdra
verwonder en verwond
sal jy menigmaal
voor jou eie kruispad staan
my kind…
onthou dan die spreuke wat ek jou geleer het
teen die wande van jou hart graveer het
dan sal jy soos ‘n ribbok
op hoë plekke veilig loop




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed