BEBLAARDE BEJAARDE
In my tuin staan jy, boom van baie jare oud
groot en sterk, vasgewortel in die aarde
deur die jare jou groei geggroei, wyse bejaarde
my wegkruipplek, my enkelboom woud
jou soort beskik oor baie waarde
suurstof en koelte oor die aarde
skryfpapier en vuurmaakhout,
maar vir my, ’n vriend, my beblaarde bejaarde
my kop hoog in jou takke, altyd aan’t droom
my hart wat nesmaak in jou grootste mik
as ek myelf vir ’n rukkie van realiteit verksoon
sag is die grof van jou bas as ek jou teen my vasdruk
wanneer ek in omhelsing staan met my boom
om van sy energie te tap, terwyl tyd verby tik
©HMellet
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Elroux
Pragtig