Jongste aktiwiteit:

Droomvanger

gooi jou net wyd uit
om jou drome
wat aan die hemelkoepel hang
in ligstrale vas te vang
te bind met ‘n goue lint
dit jou eie te maak
my kind
reik uit na die verste ster
want ek weet jy kan
my swaweltjie
wat hunker na die blouste blou
op lugstrome van ons liefde
kan jy uitstyg bo die storms
vlieg nie met Icarus vlerke
wat smelt in die eerste son
maar op God se arendsvlerke
wat jou sal dra
tot anderkant die horison
waar jy jouself sal vind
dit is my gebed vir jou my kind




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed