Jongste aktiwiteit:

Skatkis van geheimenis

kom sit hier styf teen my my kind
dan wys ek vir jou ‘n goue bal
verkleur van wit na geel na rooi
wat vinnig na die aarde val
as die wêreld in gebed stil raak
kom hou my hand styf vas
as die nag ons onder haar kombers toemaak
hoor hoe breek die stilte oop
in ‘n simfonie van klank
by die ou leivoor
‘n loflied van dank
word ver gehoor
kom deel met my die wonders van die nag
ster-diamante wat hang in die lug
‘n blink-papier maan wat ‘n buiging maak
van agter ‘n swart fluweel gordyn
saam kan ons na haar dans deur die heelal kyk
saam na die verste sterre reik
sit jou kop hier op my skouer
dan vertel ek jou van die sonneblom-son
wat in oranje en geel oopgaan
as ligstrale deur die wolke kom
haar nag pêrelsnoere
in goue drade vasvang
so sluit ek vir jou ‘n skatkis
vol geheimenisse oop
met die natuur se juwele
wat jy nie met geld kan koop




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed