Titel: My vlerke wil nie flap
Deur Meermin
En tydens hooggety
in die bulderlag
van wilde lugstrome
sweef ons sorgvry
ek blaas jou naam
duskant ‘n veer
van ‘n meeu se vlerk
regdeur wolke
totdat dit ontplof
in die driveway
van my dagdrome
Viooltjie
Die gedig bruis van uitgelate vreugde. Pragtig.
Evelyn van der Merwe
Dit getuig van ‘n liefde wat oorborrel. Knap gedaan.
Koekekranka
Ai, die die heerlikheid tog van jeugdige dagdromery… Baie oulik gedoen!
Meermin
Baie dankie Viooltjie, Evelyn en Koekekranka vir jul lees en mooi woorde op my digsel.