Jongste aktiwiteit:

‘n Dag soos vandag.

Dis op ’n dag soos vandag
(en gister ook)
dat mens moet stokkiesdraai,
verantwoordelikheid by die agterdeur uitskop
en oopmond in die vars lug glimlag.

Dis op ’n dag soos vandag,
wanneer die son glashelder skyn,
die hemele blouer as blou is,
dat mens moet wegsink in die natuur se prag.

Dis op ’n dag soos vandag
dat mens ’n mandjie moet pak
vol lekkerste lekkertes en ’n wyntjie dalk
en die piekniekkombersie se sag.

Dis op ’n dag soos vandag,
dat mens in jou tjorrie moet spring
en die kronkelpad na Bettiesbaai moet volg,
al die mooi van oseaan en strand te betrag.

Dis op ’n dag soos vandag
dat mens die kans met twee hande moet vasgryp.
Die mandjie, die kombersie en die glasies moet vat,
iewers in die buitelig, gulsig gaan skep aan vars krag.

Genoeg om aan te hou
tot die volgende dag soos vandag.




Stories gebeur met my. Rondom my. Naby my. Al wat oor bly is om dit oor te vertel.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed