‘n Duisend seemyl
“Soms stap en stap en stap ‘n mens… ‘n duisend seemyl…na niks”
Ek stap ‘n duisend seemyl.
Na waar herin’rings roep.
Weëmoed fluister sagkuns.
Gedagtes teer en soet.
Ek vlieg soos blits deur strate.
Vergeet, verwoes, verlang.
Verbete teen die skadu’s.
Die aandwind maak my bang.
Ek vaar deur goud van gister.
Na Kammaland se kroon.
Oor berg en dal in donker
jou stem net weer te hoor.
Ek stap ‘n duisend seemyl;
weer oor en oor te voel.
Stry teen die miskombersie
van winter wat oorspoel.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.