Jongste aktiwiteit:

‘n Kind agter lemmetjies draad

Agter lemmetjies draad …
wink rus en vree’
ongeduldig om uiting te gee
aan die kuns muse
wat sluimer in mistieke gewaad.

Smagtend na oop vlaktes en sonbesies wat sing
oor einders van niks … wat die reën bring,
nou verdwaald tussen klip en stof
van dit wat kon
en dit wat wou,
nou lewend verstrengeld,
‘n gevangene van daaglikse brood,
word lam gelê deur moeg
en daaglikse swoeg.

Hierdie kind van woord en dig,
versmoord deur moet en plig,
wil op staan uit as
met sy stof’rige jas,
wil vergeet van tyd op sy beplande baan.
wil uiting gee en sy man staan.

Wil antwoord oor vlak en wind,
wil luister na die eggo wat fluister,
wat roep na die digters kind.

‘n Droom … agter lemmetjies draad,
‘n roeper van wind se maat,
verspeelde tyd,
slegs geleen
gegee en geneem.




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed