Niks
jy wou stories vertel.
van jou onsekerheid.
liefdelose belangstelling.
maar nou…
wil jy nie met my deel.
net dag na dag se tree.
wat jy uitdrukkingloos loop.
van hopelose ervare.
behoort jy al te gedra het.
is dit…
daar iewers.
weggesteek.
binne in jou.?
wie sal dan ooit weet.
is daar begrip agter daai masker.
want..
jy wys niks.
daar is niks.
jy bly net uitdrukkingloos.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.