Jongste aktiwiteit:

November 2021 – OOP Projek

Beste INKers

Die einde van 2021 rol nou vinnig nader, en om ons kreatiewe spoed ook so effe halt te roep, is die November projekopdrag ontneem van alle voorskrifte.

Jy kan hierdie maand, in welke kategorie jy ookal deelneem, totale vryheid omboesem en sonder voorskrif, reëls of vasgestelde tema deelneem.

Laat Afrikaans haar vlerke sprei.
Skryf lekker in Afrikaans.
Groete
Projekbestuurder

Skryf in Afrikaans; dit is die gaafste ding wat jy vandag sal doen.
Skryf in Afrikaans, dis ‘n goeie gewoonte.

Gebruik die geleentheid om jou eie stempel op jou werk af te druk.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed