Oê se blues
Jou oë vertel ‘n verhaal
Hulle raak leweloos sommer grys-vaal
Jou oë vertel die hartseer
Jou walle gee in, dit is moeg gekeer
Jou oë soek geselskap
Of net voete wat saam jou die pad stap
Jou oë verdwaal graag
Weens jou siel se vernietigende plaag
Jou oë sing ‘n sad song
Jou woorde raak stom oor jou tong
Jou oë ken pyn
Dit is jou lewende mantra se refrein
Jou oë soek vir meer
‘n Hart met helende hande vir die seer
Jou oë vertel my jy is myne
So kommunikeer siele met sterk seine
Kom stort trane uit oor my hart
Kom deel jou glimlag se smart
Kom loop saam waar ek wandel
Kom hier dat ek die pyn behandel
Kom sing vir my jou seer song
Kom laat ons dans asof ons belong
Kom soek vir jou ‘meer’ binne my
Kom dat jou groen oë in my siel bly
Kom met daai refrein se note, oor en oor
Kom met jou oë se als,voor ek jou verloor
© Regardt Belo
3 Kommentare
-
See-Jay-El
Sjoe, mens kan nie anders as om dit weer te lees nie!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
See-Jay-El
Dis 'n besondere stuk werk. Jy beskryf die sielseer wat so vlak in iemand se oë lê, dat jy al die pyn en verlange by naam kan identifiseer. "Jou woorde raak stom oor jou tong," vertel hoe moeilik dit vir die persoon is om hierdie seer te verwoord. Dan offer die spreker haar die geleentheid om haar hart teenoor om uit te stort, maar nie eenmaliglik nie, maar aanhoudend soos die refrein van 'n blues song. Verfrissend anders, Die ritmiese woordkeuses en eindrym in die eerste agt strofes eggo daai tipiese saksofoonklanke van blues. In die langer negende strofe hoor jy die "sad-sad" refrein wat die hele lied tot 'n klimaks van emosie bring. En eindig weer by die begin. Regtig uitsonderlik.