Jongste aktiwiteit:

In gesprek met die hart

Bedrieglik en vals is jou hart bo
jou verstand, willend te glo
wat jy weet
onmoontlik te wees.

Elke dag wagtend in hoop
om eerste te hoor
teleurstellend die stilte te breek
en later wonder jy weer

oor die waarde van die deel.
Die siel is uit woorde gesteel
vlak lê verklapte irretasie
in jou stelling se leë spasie

En wanhopig gryp jy
na die lyk van ander-dag-se-skryf
Starende blind, horende doof,
sprekend stom – gapende kloof.

Bedrieglik jou hart
vertrap
want edelheid word straf
en jy bedel bakhand.

© CJ Laing – 17/01/2019




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed