onthou
gister se okkerneute
lê gekraak in lewensgeute
beurend sleurend versteurend
met ‘n lag of traan opbeurend
die reuk van taai kiekies
reukwater en liedjies
gee my snuf in die neus
as ek dans met my onthoureus
onthoustof laat jou soms vies
onnodig om daaroor te verknies
dan plof trane pêrels
oor befaamde nooiens en kêrels
wees dan wakker in die hede
te voet of dalk berede
proe aan die môredou
en bou aan nog ‘n onthou
© Francois Meyer
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.