ontlaai of aflaai
.
na harde winter
begin my duin verander
mense kom en gaan meer dikwels
moeë mense wat hul frustrasies en bagasie
hier by die wye see kom ontlaai en aflaai
so werk die digter se hart ook soms
begin jy vars en kry jou gedagtes
vorm en skryf jy ongestoord
kan jy nie vinnig genoeg
elke begrip in versvorm
ontlaai en aflaai nie
jou haas het soms
meer as een
stert en dan skryf
jy soms net
snert
.
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.