Jongste aktiwiteit:

Oor sterk wees en goeters

Iewers net duskant Moedverloor se vlakte
ruk ek die ‘sterk vrou’ etiket
wat loodswaar om my nek hang af
want eers toe ek erken
dat ek weerloos is teen die seer in my
magteloos veg
teen my onvermoë om sin te maak
uit die geskommelde letters
wat die padkaart in my hart vol lê
geen woorde kan vind
vir die leegheid in my siel
dat herinneringe ‘n veer voel
vir my behoefte om te vergeet
dat ware krag soms
met ‘n piepklein vlammetjie brand,
lap ek my vellies met flentertjies hoop
en vat die doringpad na Weerbegin

©️Elize Kruger
September 2021




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed