opdra 5
want jý, my lief, my lief
ken die taal van my lyf
as ek maskerloos die nog-nog
in jou koperboom kom hang;
lief my tog vir my wolke, my berg
met sterre wat helder in duisternis
(bittersoet)
vir hoofstraatbord sing
en ek ons name uit kan
S K R E E
in solo two-step
©stella
3 Kommentare
-
Elroux
Pragtig gedig.
-
Barbara
ag dis sooo mooi!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie