Jongste aktiwiteit:

Module 2
vir

Module 2

Vir ‘n skrywer om sy vakgebied behoorlik te bestuur en suksesvol daarin deel te neem, voel ek persoonlik, is dit belangrik om die oorsprong (geskiedenis) daarvan te besturdeer. Dit is sonder rede onnodig feitlik, en al is dit belangrik om soveel as moontlik daarvan te lees, is dit nie belangrik om alles te onthou nie. Dit is wel bemagtigend om soveel moontlik kennis te hê oor poësie.
Ek behandel hierdie week bietjie van die geskiedenis. Daar is natuurlik baie meer inligting wat uself kan navors, en daarom maak ons die bydrae so beknop as moontlik.
Poësie (vanaf Grieks poiesis – ποίησις – wat “maak” of “skep” beteken, meer spesifiek, die skep van poësie) of digkuns (vanaf Latyn “dictâre” – wat “om op te skryf” of “om saam te stel” beteken, in Middelnederlands “dichten” – “om te dig”) is ‘n literêre kunsvorm wat van estetiese en ritmiese eienskappe of vermoëns van ‘n taal gebruik maak – soos eufonie , klanksimboliek en metrum – vir die vooropstelling van betekenisse addisioneel tot, of in die plek van, prosaïes ooglopende betekenisse.
Poësie het ‘n lang geskiedenis en dateer terug na die Sumeriese Gilgamesjepos. Vroeë gedigte ontwikkel uit volksliedere soos die Sjinese boek van liedere, of uit die behoefte om mondelinge heldedigte oor te vertel, soos in die geval van die Sanskrit Vedas, Zoroastriese Gathas en die Homeroseposse die Ilias en Odussee. Pogings uit die oudheid om poësie te definieer, soos Aristoteles se Poëtica fokus op die gebruik van spraak in retoriek, drama, liedere en komedie. Latere pogings fokus op kenmerke soos herhaling, versvorm en rym, en lig die estetika uit wat poësie onderskei van meer objektiewe informatiewe prosaïese skryfvorme. Sedert die middel van die twintigste eeu is poësie meer algemeen beskou as ‘n fundamentele kreatiewe daad in die aanwend van taal.
Poësie implementeer vorme en konvensies om verskillende interpretasies tot woorde voor te stel, of om emotiewe reaksies uit te lok. Stylmiddele of verdigtings soos assonansie, alliterasie, onomatopee en ritme word soms gebruik om ‘n musikale of betowerende effek na vore te bring. Die gebruik van dubbelsinnigheid, simboliek, ironie en ander poëtiese stilistiese elemente laat ‘n gedig dikwels oop vir veelvuldige interpretasies. Insgelyks skep metafore, vergelykings en metonimie ‘n weerklank of resonansie tussen andersins ongelyksoortige beelde – ‘n belaging van betekenisse wat skakels vorm tussen wat voorheen onwaarneembaar was. Verwante resonansievorme kan tussen versreëls, in hul rympatrone of ritme voorkom.
Sekere soorte poësie is spesifiek tot ‘n kultuur en genre en is vatbaar vir die karakteristieke van die taal waarin die digter skryf. Lesers wat in die gewoonte is om digkuns met Dante, Goethe, Mickiewicz en Rumi te assosieer kan dit beskou as in versreëls geskryf gebaseer op rym en reëlmatige metrum; daar is egter tradisies soos Bybelse digkuns wat ander metodes gebruik om ritme en eufonie te skep. Heelwat moderne poësie weerspieël kritiek op poëtiese tradisie, en speel met, of toets, onder andere, die beginsels van eufonie self – soms sonder enige inagname van rym of vasgestelde ritme. Met die hedendaagse toenemend kleinerwordende wêreld, is digters geneig om vorme, style en tegnieke vanuit ander kulture en tale aan te pas.

Geskiedenis:
Aristoteles
Poësie as kunsvorm gaan geletterdheid moontlik vooruit. Epiese digkuns van die Indiese Vedas (1700 – 1200 v.C.) en Zoroaster se Gathas tot die Odussee (800 – 675 v.C.) blyk asof dit saamgestel is in poëtiese formaat as hulpmiddel vir memorisering en mondelinge oordrag binne prehistoriese en antieke samelewings. Ander vorme van poësie ontwikkel regstreeks uit volksliedere. Die vroegste inskrywings uit die antieke geskrif Shijing is oorspronklik liedere en gaan latere inskrywings vooraf wat bedoel is om gelees te word. Die oudste oorblywende heldedig is die Gilgamesjepos uit Sumer (in Mesopotamië, nou Irak), wat dateer uit die 3de millennium v.C. en in wigskrif op kleitablette en later papirus geskryf is. Ander antieke heldedigte sluit die twee Griekse eposse, Ilias en Odussee in; asook die Oudbaktriese boeke, die Gathas en Yasna; die Romeinse nasionale epos, Vergillius se Aeneis; en die Indiese eposse Ramayana en Mahabharata.
Die pogings van denkers uit die oudheid om te bepaal wat poësie as vorm eiesoortig maak, en wat goeie van slegte poësie onderskei, loop uit op “poëtika” (digkunde) – die studie van die estetika van poësie. Sekere antieke poëtiese tradisies soos, kontekstueel, Klassieke Sjinese digkuns in die geval van die Shijing (Boek van liedere), beskryf die ontwikkeling van poëtiese kanons met rituele en estetiese belange. Meer onlangs worstel denkers daarmee om ‘n definisie te kry wat die formele verskille omarm, selfs die so groot soos tussen Chaucer se Canterbury Tales en Matsuo Basho se Oku no Hosomichi, asook die konteksverskille wat strek vanaf Tenakse Bybelse poësie tot liefdespoësie en sover as kletsrym.
Westerse tradisies
John Keats
Klassieke denkers maak gebruik van klassifikasie as ‘n metode om die kwaliteit van poësie te definieer en assesseer. Dit is merkbaar dat die oorblywende fragmente van Aristoteles se Poëtika drie poësie-genres beskryf – die epiek, komedie en tragedie – en reëls ontwikkel het om tussen die hoogste-kwaliteit poësie in die onderskeie genres te onderskei, gebaseer op die onderliggende oogmerk van die genre. Latere estetici onderskei tussen drie belangrike genres: epiek, liriek en versdrama, en behandel komedie en tragedie as subgenres van versdrama.
Aristoteles se werk het gedurende die Islamitiese goue era regdeur die Midde-Ooste ‘n groot invloed gehad, asook in Europa tydens die Renaissance. Latere digters en estetici onderskei dikwels poësie van, en definieer dit teenoor prosa, wat algemeen begryp is as skryfkuns met ‘n neiging tot logiese ontwikkeling en ‘n lineêre verhaalstruktuur.
Dit impliseer nie dat poësie onlogies is of tekort skiet aan narratief nie, maar eerder dat poësie ‘n poging is tot die aanbied van die skone of verhewe sonder die las van die logiese en narratiewe denkprosesse. Engelse romantiese digter John Keats noem hierdie ontsnapping van logika Negative Capability. Die romantiese benadering beskou vorm as ‘n sleutelelement tot suksesvolle digkuns aangesien vorm abstrak is en apart lê van die onderliggende veronderstelde logika. Die benadering bly invloedryk tot in die 20ste eeu.

Tydens die tydperk is daar ook aansienlik meer interaksie tussen die onderskeie digterlike tradisies, deels as gevolg van die invloed via Europese kolonialisme en die gepaardgaande styging in wêreldhandel. Te same met ‘n opbloei in vertaling is talle antieke werke in die romantiese tydperk herontdek.
Geskille in die20ste eeu
Archibald MacLeish
Sommige 20ste-eeuse literatuurteoretici steun minder op die verskille tussen prosa en poësie en fokus eenvoudig op die digter as iemand wat skep deur taal, en op poësie as dit wat die digter skep. Die onderliggende konsep van die digter as skepper is nie so ongewoon nie en sekere modernistiese digters onderskei in essensie nie tussen die skep van ‘n gedig met woorde en kreatiewe pogings in ander media nie. Ander moderniste daag egter weer die einste poging tot die definiëring van poësie uit as misleidend.
Die verwerping van tradisionele poëtiese vorme en strukture wat in die eerste helfte van die 20ste begin het, val saam met die bevraagtekening van die doel en betekenis van tradisionele definisies van digkuns en verskille tussen prosa en poësie, veral in die geval van poëtiese prosa en prosaïese poësie. Talle modernistiese digters skryf in nietradisionele vorme of in wat as tradisioneel as prosa beskou sal word, hoewel hulle skryfwerk gewoonlik besiel is met poëtiese diksie, en dikwels ook ritme en toon, wat vasgestel is deur nie-metriese metodes. Hoewel daar ‘n beduidende formalistiese reaksie was binne die modernistiese skool tot die afbreek van struktuur, fokus die reaksie net soveel op die ontwikkeling van nuwe formele strukture en sintese as op die herlewing van ouer vorme en strukture.
Meer onlangs het postmodernisme begin om meer volledig prosa en poësie as unieke entiteite te beteken, en ook onder poësie-genres as om slegs betekenis te besit as kultuurvoorwerpe. Postmodernisme strek verby modernisme se klem op die kreatiewe rol van die digter, deur die rol van die leser van ‘n teks (Hermeneutiek) uit te lig, en om die ingewikkelde kulturele web te beklemtoon waarbinne ‘n gedig gelees word. Deesdae inkorporeer poësie dikwels wêreldwyd poëtiese vorm en diksie uit ander kulture en vanuit die verlede, wat pogings tot definiëring en klassifisering verder bemoeilik. Iets wat eens as verstandig beskou was binne ‘n tradisie soos die Westerse kanon.
BRONNELYS:
N. van Wijk (1936 [1912]), Franck’s Etymologisch woordenboek der Nederlandsche taal, Etymologiebank.nl, http://www.etymologiebank.nl/trefwoord/gedicht ; “Poetry”. Oxford Dictionaries. Oxford University Press: 2013. ; “Poetry”. Merriam-Webster. Merriam-Webster, Inc.: 2013. ; “Poetry”. Dictionary.com. Dictionary.com, LLC: 2013. ; Strachan, John R; Terry, Richard, G (2000). Poetry: an introduction. Edinburgh University Press, 119. ISBN 978-0-8147-9797-6. ; Eliot, TS (1999). “The Function of Criticism”, Selected Essays. Faber & Faber, 13–34. ISBN 978-0-15-180387-3. ; Longenbach, James (1997). Modern Poetry After Modernism. Oxford University Press, 9, 103. ISBN 0-19-510178-2. ; (1999)In Schmidt, Michael: The Harvill Book of Twentieth-Century Poetry in English. Harvill Press, xxvii–xxxiii. ISBN 1-86046-735-0. ; Hoivik, S; Luger, K (3 Junie 2009). “Folk Media for Biodiversity Conservation: A Pilot Project from the Himalaya-Hindu Kush”. International Communication Gazette 71 (4): 321–346. DOI:10.1177/1748048509102184. ; Ahl, Frederick; Roisman, Hannah M (1996). The Odyssey Re-Formed. Cornell University Press, 1–26. ISBN 0-8014-8335-2. .
Ander stel voor dat poësie nie noodwendig skryfkuns vooraf gaan nie. Goody, Jack (1987). The Interface Between the Written and the Oral. Cambridge University Press, 98. ISBN 0-521-33794-1. ; Ebrey, Patricia (1993). Chinese Civilisation: A Sourcebook, 2nd, The Free Press, 11–13. ISBN 978-0-02-908752-7. ; Sanders, NK (trans.) (1972). The Epic of Gilgamesh, Revised, Penguin Books, 7–8. ; Abondolo, Daniel (2001). A poetics handbook: verbal art in the European tradition. Curzon, 52–53. ISBN 978-0-7007-1223-6. ; Gentz, Joachim (2008). “Ritual Meaning of Textual Form: Evidence from Early Commentaries of the Historiographic and Ritual Traditions”,In Kern, Martin: {{{title}}}. University of Washington Press, 124–148. ISBN 978-0-295-98787-3. ; Habib, Rafey (2005). A history of literary criticism. John Wiley & Sons, 607–609, 620. ISBN 978-0-631-23200-1. ; (1997)In Heath, Malcolm: Aristotle’s Poetics. Penguin Books. ISBN 0-14-044636-2. ; Frow, John (2007). Genre, Reprint, Routledge, 57–59. ISBN 978-0-415-28063-1. ; Bogges, WF (1968). “’Hermannus Alemannus’ Latin Anthology of Arabic Poetry”. Journal of the American Oriental Society 88: 657–70. Burnett, Charles (2001). “Learned Knowledge of Arabic Poetry, Rhymed Prose, and Didactic Verse from Petrus Alfonsi to Petrarch”, Poetry and Philosophy in the Middle Ages: A Festschrift for Peter Dronke. Brill Academic Publishers, 29–62. ISBN 90-04-11964-7. ; Grendler, Paul F (2004). The Universities of the Italian Renaissance. Johns Hopkins University Press, 239. ISBN 0-8018-8055-6. ; Kant, Immanuel; Bernard, JH (trans.) (1914). Critique of Judgment. Macmillan, 131. Kant argumenteer dat die wese van poësie as ‘n selfbewuste abstrakte en skone vorm dit ophef tot die hoogste vlak onder die verbale kunste, met toon en musiek daarnaas, en dan eers na dit die meer logiese en verhalende prosa.
Ou, Li (2009). Keats and negative capability. Continuum, 1–3. ISBN 978-1-4411-4724-0. ; Watten, Barrett (2003). The constructivist moment: from material text to cultural poetics. Wesleyan University Press, 17–19. ISBN 978-0-8195-6610-2. ; Abu-Mahfouz, Ahmad (2008). “Translation as a Blending of Cultures”. Journal of Translation 4 (1). ; Highet, Gilbert (1985). The classical tradition: Greek and Roman influences on western literature, Reissued, Oxford University Press, 355, 360, 479. ISBN 978-0-19-500206-5. ; Wimsatt, William K, Jr; Brooks, Cleanth (1957). Literary Criticism: A Short History. Vintage Books, 374. ; Johnson, Jeannine (2007). Why write poetry?: modern poets defending their art. Fairleigh Dickinson University Press, 148. ISBN 978-0-8386-4105-7. ; (2007) The Cambridge companion to modernist poetry. Cambridge University Press, 1–7, 38, 156. ISBN 978-0-521-61815-1. ; Barthes, Roland (1978). “Death of the Author”, Image-Music-Text. Farrar, Straus & Giroux, 142–148. ; Connor, Steven (1997). Postmodernist culture: an introduction to theories of the contemporary, 2nd, Blackwell, 123–128. ISBN 978-0-631-20052-9.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed