Jongste aktiwiteit:

ou vriende

vriendskap is soos ‘n boom
wanneer ‘n boom nog jonk is
moet jy dit baie mooi koester
gereeld water en kunsmis gee
as die boom begin vrugte dra
moet jy dit in liefde aanvaar

vriendskap is soos ‘n vy
wanneer dit nog groen is
en jy pluk dit af is dit sleg
dit gee ook slegte wit sap
wat jou klere kan verkleur
ryp is dit egter baie lekker

vriendskap wat baie oud is
bring heerlike herinneringe
om saam te voel en herdenk
gebeure wat invloed gehad het
op jou en jou vriend se lewens
vriendskap is baie waardevol

vriendskap is soos ware liefde
dit hou aan deurdring jou hart
dit ignoreer al daardie lastige
gewoontes en onooglikheid
van een wat nie soos jy lyk
maar meestal soos jy dink

vriendskap is soos ‘n klankbord
waarteen jy kan skreeu en bieg
van wie jy kritiek moet verwag
vir wie jy soms moet vermaan
sonder om vriendskap te verloor
een goeie vriend is beter as goud

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed