visie
met gierige oë
loer die miljoene
na glas paleise
na duur huise
na alles wit
wat mooi
vertoon
met gierige hande
gryp die miljoene
elke sukses verhaal
knyp en wring dit uit
tot dat daar niks
meer uitgedruk
kan word nie
met verdwaasde oë
staar die miljoene
na die skrootwerf
van hul verwoesting
waar selfs die klippe
ten hemele uitroep
hoe lank nog
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.