Jongste aktiwiteit:

OU WINDPOMP

OU WINDPOMP

Ek kyk hoe draai die ou windpomp
ek staar hoe die water stadig uitpomp
in die verte hoor ek die trekker aankom
ruik die vars grond wat van die lande afkom

Boer kyk oor die lande en hy voel goed
sproeiers spuit water om die lande te voed
hy plant saad nadat hy die mielies ploeg
son trek al water en hy is al baie moeg

water bring weer lewe vir die mens en boer
dis kos op die tafel om die monde te voer
sonder kos en water kyk oë wat vir hom loer
mensdom gaan nog doodgaan sonder die boer

© Eleen van Deventer Vorster
16/12/2018




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed