WOORDE Verbrokkeling van gesinstrukture
WOORDE
Verbrokkeling van gesinstrukture
Woorde brand soos vuur
skiet soos vonke uit die vuur
jou stem weergalm teen die muur
my siel brand soos giftigge suur
houe kom soos hammers neer
word ek daagliks verrinneweer
ek moet vinnig koets en keer
elke slag weer en weer
slaan jy my pimpel en pers
skadu’s van beelde skyn in die kers
jou vuiste slaan my teen die muur
moet ek hierdie hel verduur
dit is vreeslik seer
die monster gaan weer terugkeer
my hart is in stukke geskeur
Bid vir genade elke keer
© Eleen van Deventer Vorster
16/12/2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.