Jongste aktiwiteit:

sestiende

oupa staan teen klipkraal muur
teug behaaglik aan sy kromsteel pyp
ons seuns sit op die muur en kyk na hom
met betowering terwyl hy vertel
van zoeloe impi’s wat baljaar
met glimmende assegaaie
bebloed van boere bloed
hoor en sien saam
met hom die dag

op my duin sit ek en herleef
daardie dag van moord en oorwinning
dag van wrede slagveld met bloed wat vloei
met betowering dink ek terug aan oupa se stem
sy kromsteel pyp met rokie wat sypel uit sy mond
terwyl sy oë daar ver staar na die blou berge
en sy ruwe stem skor vertel van babas
en mammas en pappas wat sterf
van lyke wat vlakte besaai lê

vandag word sporadies oor ons land
basuin geblaas oor vredesdag
maar bloedryke verlede
raak steeds ons hede
met slagveld lyke
wat oral verrys
in wit kruise
geverf met
bloed

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed