Jy
Jou smaak op my tong
is ounag onthou
van kreunlê
en oorgee,
van lywe verstrengel
in oertrommelritme
Waar klanke
in kleure
vervloei en vermeng
as my vingers
jou hartstog
se skadus verken
En my oë jou siel voel,
die sagsoet tekstuur
tot jou kolkende dieptes
soos lawa oorspoel
oor jou soel-soepel
kurwes en donker valleie
En die na-nag
se kreunwind
in my hoor-onthou sug
soos slierte van voordag
se donker voor die
moreson vlug….
© 14/10/2012 Anton Bosch
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.