Verslane loutering
my menswees se loutering
lê in die blou weerkaatsing
van my oë –
in die klop
van my witsandhart
soos ‘n eggo
oor die ronding van ‘n duin
daar waar my drome
toegewaai lê
loop my spore
afge-ets op klam sand
onder soutlug
as nostalgie
my na die bloudam jaag
soekend na
lang vergete illusies
om dan by die broekieskant
van die branders
tussen brokkelskulp
en uitgespoelde algeblaar
te verdwyn
net soos gister se pyn
daar in die vreedsame natuur
van nuutgebore gedagtes
wat my heimwee verstaan
en my diep verborge spoke
finaal verslaan
© Anzé Bezuidenhout
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.