
Paasfees
Paasfees
Hulle spot en sê dis ‘n ou cliché,
‘n holruggeryde mite jaarliks eenders ingeklee,
maar deur die eeue eggo dit ewig nuut,
dein dit wêreldwyd uit in heilige saluut:
“Die Here het opgestaan,
Hy het waarlik opgestaan,”!
sodat ons ook kan opstaan
uit ons sondige bestaan
gered
van sondesmet
té swak en gering
om die wet te volbring
is ons bevry
van gewete se kasty—
Sonder vra
het Hy die skuld gedra
gedwee
in smartlike wee
aan die kruis
voor ‘n honende gespuis
maar, daar volg ‘n vreugde refrein
wat deur die eeue uitdein
“ die Here het opgestaan,
Hy het waarlik opgestaan!”
Janetta – Helena [Babs] ©
4 Kommentare
-
neels claasen
Vir my is Paasfees n baie groter Christelike fees as Kersfees
-
Evelyn van der Merwe
Uitmuntende slot. Knap gedaan.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Dis vreeslik mooi en aangrypend vasgepen