PAPIEREENDE
PAPIEREENDE
„Papiereende” noem ons dinge wat kort in die dagblaaie lawaaimaak en dan in die niet verdwyn, asof niks gebeur het nie; dis vergelykbaar met die „storm in die rooiboskoppie” wat na bewering taamlik dikwels by damessirkeltjies sou plaasvind. Niks teen die dames nie, wel iets teen die koerante, wat kunsmatig probeer om die aandag van hulle lesers aan nietighede vas te hou. Die baie mense wat sê dat hulle nie meer koerant lees nie — en daar is baie, baie –voer naas eindelose gruwelstories en verdraaiing van die feite ewe die onbenullighede waarmee hulle „belas” word aan.
ȹȸȹ
So vyftig jare of wat gelede lees ek ‘n berig in die Burger waarin ‘n boer ‘n doodskis op sy bakkie huistoe bring; sy plaaswerker het in die kis gelê slaap – uitslaap. By ‘n opdraande laai die boer werkers van ‘n buurplaas op. Aan die steilste deel word sy werker in die kis wakker, maak die deksel oop en sit op. Al buurman se plaaswerkers spring vreesbevange oorboord – en val honderd meter in hulle dood. Om die veertig jare gelede het ek in Duitsland ‘n berig uit Indonesië gelees waarby ‘n boer op ‘n steil pad ‘n doodskis, waarin ‘n plaaswerker slaap, huistoe gebring het en ‘n paar van buurman se plaaswerkers opgelaai het, die plaaswerker word wakker, … almal dood. Ongeveer dertig jare gelede, ook in Duitsland – in ‘n ander koerant – dieselfde storie in ‘n bergagtige Suid-Amerikaanse land . . . dieselfde storie, dieselfde uitgang.
Òf dis ‘n geslepe manier van die grootgrondeienaars, die grondbarone wêreldwyd om die landelike bevolking te reduseer, uit te dun, of dis ‘n besonders dom manier van koerantredaksies om te keer dat hul lesers wegloop .
ȹȸȹ
Hy of sy wat wíl wegloop, doen dit juis weens sulke stories.
©21e.Julie2018 …ooȹȸȹoo… (2005)tje.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.