Jongste aktiwiteit:

Opvoedung 2: Twee Kinderspeletjies

Deesdae kom ek al hoe meer in die genot van Outoppie-vergaderings”. Da kom meniges na bo wat ek miskien al vergeet het, ook heelwat wat ek nie geweet het nie. ‘n Paar van die dinge wil ek maar opteken.

Ek het al vertel van ‘n samekoms waar iemand volgehou het om na te vra tot ‘n kind soveel uit homself uit gehaal het om ‘n besliste begrip in mark en been op te neem. Die oefening kan met ‘n kind alleen, uit die klas of met die deelname van die hele klas deurgevoer word. Nou kom ons op ‘n nuwe verskyning, die one-child-family”. Toe die Sjinese dit as wet ingevoer het, het die res van die wêreld hulle uitgelag: Hoe kan ‘n staat voorskryf hoe die burgers hulle gesinslewe beplan en leef? Ja, maar hulle is mos kommuniste, wat verwag jy? In die meeste ontwikkelde, industrie-lande praktiseer ouers dit deesdae vrywillig.

Hierdie one-child” kinders het nie boeties en sussies nie, buurkinders ook nie, altwee ouers werk, of hulle het net ‘n Ma of ‘n Pa wat ook werk. Dus kom hulle in ‘n kindertuin met heeldag-versorging. Daar moet die kindertuinjuffies probeer om hulle te sosialiseer, aldus omgangsvorms vir die lewe in die groot geselskap te leer. Hulle wat ander kinders nog nooit leer ken het nie.

Twee onderwyseresse het by afwesenheid in mekaar se klas verteenwoordig of afgelos, by siekte byvoorbeeld. Die ene vertel hoe sy in die ontbytbreek in haar vriendin se klas moes beleef dat die kinders om die tafel glad nie om ‘n plek vir hulle self gestry het nie, maar dat alle kinders – reeds uit kindertuindae — geweet het: Elkeen kyk dat sy buurman genoeg plek het.” So ‘n vredevolle stilte om ‘n eettafel het sy lanklaas beleef.

Die ander een vertel toe hoe die kinders in die eerste les al gevra het dat hulle „’n warm stortbad” mag kry. ‘n Warm stortbad? Watse ding is dit nou? Die kinders het ‘n sirkel om een kind gemaak, en elke kind het iets moois oor daardie kind gesê. Mooi hare.” Ek hou van haar bloese.” Sy skoene is blink skoon.” Hy’t my gehelp toe ek van my fiets val.” . . . ‘n Stortbad in hartwarmte.

Toe ontjou ek: Strek nie jou een vinger uit as jy op iets wil dui nie. As dit ‘n verwyt is, onthou die een wysvinger kla vorentoe aan, maar met die ander drie kla jy jouself aan!” Met ‘n oop hand wat vorentoe wys kan jy nie beskuldig of slaan nie, jy kan slegs gee.

Sosialisering.

Mos.

Nè?

©17e.Julie2018………..ooÖoo………………………………tje




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed