Parlement in sitting
Op die grens van Oupa se werf
penorent baksteenvaal eenmans-lokaal
sinkdak klip-beswaar skuins-afgeplat
eenmans-parlement op ’n ring-sitting-gat
wit gebank agter geslote houtdeur groen geverf
geen Speaker om sittings tot orde te roep
kreun-steun is gewigtige sake bespreek
hardlywige ekonomiese sake is debatteer
sou die opposisie ’n mosie van wantroue
teen jou steun-kreungeluide instel
word die saak net daar gedrop
longdrop-parlement sittings was ’n móét
soms het Ma se kasterolie jou uit die broek-sittings
tot drie glibberige sessies verplig
party dae was jou longdrop-parlement sittings
net ’n gejaag na wind
en moes jy die parlement knor-knor
met ongedane sake verlaat …
——-ooo000ooo——-
© Pieter Mostert
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir NOVEMBER & DESEMBER 2025 – OOP projek