Jongste aktiwiteit:

Oom Jan Hoenderkop

mampoer in rugsak visstok in die hand
“demn! ek is Hoenderkop Jan!
vandag gaan ek daai groot vis vang!”
mampoer-lirieke sopraan sovêr hy gaan

sluk-sluk filosofeer hy van klip tot klip
asof hy met elke teug die wêreld vreug
’n ritsel in die gras laat sy leep-oë skrefie-trek
’n slang wat ’n padda probeer sluk

wat ’n bedekte seën, hy’t juis nie aas
neem die padda uit die slang se bek
’n druppel van oom Jan se mampoer
laat die slang lek-lek hoenderkop voel

by die dam hoor hy ’n hewige gesis
toe hy omkyk raak hy mampoer-stom
toe tien slange uit die lang gras kom
elkeen met ’n padda in sy bek …
—————–oo00oo—————
©Pieter Mostert




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed