Jongste aktiwiteit:

Poppemeesters en marionette

Ken jy ‘n poppemeester in die werklike lewe? Ek ken ‘n paar. Glo my, hulle is goed. Hulle het die poppespel vervolmaak in elke opsig. Ongelukkig geskied dit ten koste van menswees en gebeur dit op alle vlakke van die samelewing.

Heel eerste is daar die politikuste met persoonlike agendas. Hierdie mans en dames, veral een spesifieke ene het die hele parlement, insluitend die president as marionette wat haar bevele uitvoer. Net die tyd sal leer wat die resultaat is. Dalk is sy ook ‘n marionet in die hand van ‘n meer radikale poppemeester. Ons kan net hoop en bid dat dit sal verander voordat dit totale anargie en menseslagting veroorsaak.

Ek wil fokus op die poppemeesters onder ons. Die mense wat ander wil beheer soos marionette. Ons sien hulle op facebook en sosiale media met propoganda en beheer. Net menings wat met hulle ooreenstem is reg, niemand anders nie. Jy mag nie van hulle verskil nie, want hulle is verhewe bo kritiek. Jou toutjie word maklik geknip in die vorm van ‘n blok of ‘n venynige aanval as jy waag om te verskil. Die beste is, vermy hulle!

Dan is daar die poppemeesters tussen ons. Manne of vroue wat hulle gesinne soos marionette hanteer. Kinders wat nie leer om self te dink nie, maar as marionet optree. As volwassenes faal hulle, of soek hulle na ‘n ander poppemeester in ‘n afbrekende verhoudings. Die hartseer is dat dit ‘n eindelose kringloop vorm.

In sommige huise geld die ou Afrikaner ingesteldheid nog steeds. Pa is in beheer. Hy alleen het sê oor alles en die kinders en sy vrou is sy marionette. Hulle laat hom goed lyk as hulle soos marionette optree. Hulle laat hom sleg lyk as hulle dit waag om self te dink en besluite te maak. Dit is die hartseerstorie in soveel huise en ‘n moeilike konsep om te verander.

Ek wens ek kon hier die riglyne gee om dit te verander, maar ek het nie die antwoorde nie. Die beste is waarskynlik om mense bewus te maak van die inpak van poppemeesters op ander. Dit sal ook help om nie sulke gedrag te aanvaar of goed te keur nie. Hoe dit ook al sy, dis nodig dat ons dit openlik begin aanspreek op alle vlakke van die samelewing.

As jy dus hier lees en jouself erken, hetsy as poppemeester of marionet, maak werk daarvan om dit te verander. God het mense geskape en nie marionette en poppemeesters nie.

Elna Kruger 9/8/2020
Kopiereg




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Yolandi het n geregistreerde lid geword

  • Hermien het n geregistreerde lid geword