Jongste aktiwiteit:

Prentjies in die wolke

Soms wanneer woorde stom fluister
is dit van liefde wat dit vertel.

Dit sing saggies die lied van n siel wat wink
wat uit reik na n lewe volmaak
saamwees sonder hoofletters
en koppeltekens en punte
eenvoudig, verstaan.

Ek maak prentjies met die wolke
wat my laat dink aan jou
hoekom sal ek nie kan sê
net omdat ek onthou
omdat ek vry is hier by jou
omdat ek kan dans oor jou duine
tot in die blou water van jou hart
Vergeet dan van die stukkend
en van die smart.

Ek maak prentjies met die wolke
wat my laat dink aan jou
Ek luister na die lied van die wind
wat waai oor my rou.




Ek floreer op n vlak waar woorde en emosie ontmoet, hande vat en net daar en dan die Tango dans. Die lewe gooi soms skerp draaie met n mens, maar as jy aanhou dans skuif dit die fokus op die geskenke wat die lewe bring, nie die wonde nie. Skryf is my passie, daarom is ek hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Juanri het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Juanri het ‘n nuwe publikasie gemaak