Refleksie
ons ontmoet mekaar soos die Son en Maan
so in die verby gaan
ons weet van mekaar se bestaan
maar sal nooit saam stil bly staan
ek weet jy het ‘n sagte hart
en vat altyd mens en dier se part
ek sien wel in jou oë die swart
waar die mooi verdof word deur die smart
ek hoor hoe jou stem ‘n ander troos
terwyl jou stem bewend wys jy’s broos
jy sal liefde wys totdat jy bloos
selfs al is die wêreld boos en genadeloos
ek sien hoe jy jou woede sluk
ek sien hoe jy van trane snik
ek sien hoe lek jou emmer van geluk
ek sien hoe jy jouself elke oggend reg ruk
ons ontmoet mekaar soos Son en Maan
hierdie keer sal ons stil staan
want ons kan nie verby mekaar gaan
sonder om die refleksie in die spieël te beaam
Jackie de Klerk
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koos Elsum
Dis seker maar ń gedig se ding maar hierdie een spreek.