Jongste aktiwiteit:

Winterhitte

Hy weer die winterkoue uit ons handjies
wat in syne saggies fyn inlas
want hy’t ons lankal mos geleer
dat in ons vóél die hitte van die lewe pas.

So, hand-aan-hand, loop ons geselsend
deur die snerpend’ kou’ oor witgerypte gras
en Oupa praat die winter aan die brand
met stories toe hy self ’n kleinding was.

Ai, Oupa is so dankbaar bly
vir hierdie ryptrapsaamloop in die kou’
met handjies sag in eelte toegevou
en Ouma bid dié stukkie daagliks by:

“Dankie vir U Seun wat liefde in klein hartjies reën;
mag U, o Heer, ook so ons ieder met U liefde seën…”




8 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed