Hart wat klop
Goudglim my liefde
oor die see
en ek weet
die golwe
is die rede vir
geen omdraai meer
Ek draai my rug
ek draai my terug
en ek loop uit die arms
van die skimme
Maak flentertjies van jou
bymekaar in my kop
en stap in die rigting
van onthou
‘n brug tussen gister
en vandag
sjuut…luister
jy kan die see
daarin hoor lag
4 Kommentare
-
-
Arnold
Ek hou hiervan.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Seker die mooiste gedig wat ek nog van jou gelees het.. Pragtig Palet!