DIE VYF MILJOEN RAND MOORD HFSTK 9
Chantal sit haar benarde posisie lank en oordink en dan besluit sy om n verklaring af te lê. Sy moet Kas oortuig dat sy niks met die moord op Laurika te doen het nie en dat dit Stefan Botes is. Sy moet dan net deur die dag n week of wat verdwyn dat sy nie by die woonstel is as Antoinette daar opdaag nie. As Antoinette haar skakel sal sy net eenvoudig nie haar telefoon antwoord nie”.
“Goed kaptein, ek sal jou vertel wat ek weet jy kan my maar ondervra en ek sal my samewerking gee”.
Kas se eerste vraag is: “Juffrou de Beer, volgens Marie de Villiers se verklaring was daar n verhouding tussen jou en Stefan Botes waarin alles daarop dui dat jy sy minnares was. Julle het saam golf gespeel, hy het sommige aande by jou gekuier en julle het wegloop naweke onder die dekmantel van bosberade gehad. Ek wil weet of daardie verhouding die stadium bereik het dat julle nie meer kans gesien het om so voort te gaan nie”.
Chantal antwoord na n minuut of wat: “Dit is heeltemal reg kaptein. Ek het hom voor n keuse gestel dat hy moet kies tussen my en Laurika. Ek was nie meer bereid om die tweede vrou in sy lewe te wees nie. Ek het egter net daarop aangedring dat hy haar skei, nie dat hy haar moet vermoor nie. hy het elke slag as ek daarop aandring dat hy van sy vrou skei die verskoning gehad dat sy hom kan dagvaar vir groot finansiële vergoeding aangesien hulle in gemaanskap van goedere getroud is. Ek het hom die laaste keer gesële vergoeding aangesien hulle in gemaanskap van goedere getroud is. Ek het hom die laaste keer gesê dat ek nie n flenter omgee nie, ek kan nia altyd die tweede vrou in sy lewe wees nie”.
Vir Kas isw dit heeltemal aanvaarbaar dat Botes dus sou moes opdok as hy van Laurika wou skei en maak dit vir hom sin uit dat Botes hom tot ander metodes sou wend om van Laurika ontslae te raak. As hy van Chantal kon probeer ontslae raak is die kanse goed dat hy van Laurika ook deur moord sou ontslae raak.
Kas se volgende vraag is: “Jy weet dus niks van die man wat met mevrou Botes se motor gepeuter het nie en jy ken ook die man wat dit gedoen het van geen kant af nie”.
“Nee kaptein, ek ken hom nie en die eerste wat ek geweet het dat Laurika verongeluk het was toe ek dit in die koerant gelees het”, antwoord Chantal.
“Volgens juffrou de Villiers se verklaring was daar n konfontrasie tussen jou en mev. Botes by die golfbaan. Vertel my meer daarvan”, vra Kas.
“Dit is korrek kaptein. Sy het daar ingestorm, ons eenkant toe geroep en my gekonfontreer. Sy het daarop aangedring dat ons die verhouding be eindig en het toe daar uitgestorm nadat sy n glas drank in my gesig uitgeskiet het”, antwoord Chantal.
Chantal gaan ongevraagd aan: “ Ek het later n oproep van Stefan gehad waarin hy my meegedeel het dat ek nie meer by hom werk nie en afgedank is”.
Kas se volgende vraag vang haar onkant: “En jy het alles net so gelaat. Het daar nie weerwraak gedagtes by jou opgekom nie, jy het tog nou immers alles verloor”.
Chantal stotter toe sy antwoord: “Nee kaptein ek was te verdwaas en verslae. Ek het Stefan wel geskakel nadat ek van Laurika se ongeluk gelees het om te verneem wat die situasie nou tussen ons is. Dit was vir my duidelik dat hy vir tyd speel en ek het die gevoel gekry dat hy nie wou voortgaan met ons verhouding nie”.
Kas oorweeg haar antwoord n paar oomblike en dan slaan hy toe: “Juffrou de Beer, ek gaan dit aan jou stel dat jy en mnr. Botes die moord op Laurika Botes saam beplan het. Een van julle twee het Langes die opdrag gegee om met mev. Botes se motor te loop peuter. Iets het skeef geloop tussen julle twee en het Botes besluit dat jy nou vir hom n bedreiging is en dat jy uit die weg geruim moet word omdat jy vir hom n gevaar is en hy die vyf miljoen rand polis op mev. Botes se lewe wou inpalm”.
Chantal begin ongemaklik voel maar antwoord: “Kaptein ek het niks met die ongeluk van Laurika te doen nie. Ek weet nie van die polis nie maar nou verstaan ek ook hoekom hy haar uit die weg wou hê en van my wil ontslae raak, die lae vuilgoed”.
Kas besluit hy het nou genoeg gehoor: “Ek gaan nou jou verklaring afneem juffrou de Beer en dan kan jy gaan. Ek moet jou egter waarsku dat jy ook onder verdenking staan vir die moord op Laurika Botes”.
Nadat Kas haar verklaring afgeneem het kry hy n voertuig om haar huis toe te neem en gaan sit hy agter sy lessenaar om die hele saak te oorpeins. Annetjie, wat in n kantoor langsaan gewag het sluit by hom aan en neem sy die dossier op om Chantal se verklaring te bestudeer.
Toe sy klaar is sit sy die dossier neer: “Bloedhond hierdie vrou lieg dat sy bars. Ek is seker sy is die een wat Langes Naude betaal het om met Laurika se motor te peuter. Sy dreig om Botes ook in die komplot te betrek en dit is hoekom hy haar uit die weg wou ruim”.
Kas staan op om te loop en sit die dossier in sy tas terwyl hy sê: “Dit word nou noodsaaklik dat ons Langes opspoor. Hy is die man wat ons die waarheid kan vertel. Ek dink ek moet die Sondagkoerante in die hande kry en hulle vertel dat Botes onder arres is vir poging tot moord op sy minnares maar dat ons nog steeds na Langes Naude soek in verband met Laurika Botes se ongeluk. Sal in die berig ook noem dat daar n beloning is vir die een wat ons inligting kan verstrek wat tot sy opsporing lei”.
“Goeie idée Bloedhond. Kry hulle net vinnig hier dat ons kan klaar maak en huis toe gaan. Dit is al laat en ek is nie lus om die hele dag hier te sit nie”, antwoord Annetjie.
Sondagkoerante se joernaliste is Saterdae besige manne om te probeer om daardie laaste groot storie op te tel wat hulle die week koerante mee kan troef. Binne n halfuur het Kas drie joernaliste in sy kantoor. Kolonel le Grange is ook geskakel in die tyd wat Kas op die joernaliste wag en kortliks op hoogte van sake gebring. As bevelvoerende offisier besluit hy dat Kas R5000 op Langes se kop kan sit vir inligting wat tot sy opsporing lei.
Nadat Kas die joernaliste tot stilte gekry het ryk hy sy persverklaring uit waarin hy die joernaliste meedeel van wat gebeur het. Hy sluit sy verklaring af met: “Menere dit sal al wees dankie. Ek sal vir julle fotos van Langes Naude gee maar as julle fotos van mnr. Botes wil hê moet julle maar in julle argiewe loop soek, daar sal wees. Ek het nie n foto van Chantal de Beer nie”.
Kas weier om n paar strikvrae te beantwoord en is hy en Annetjie uiteindelik oppad huis toe. Op die vraag of hy binnekort n arrestasie oor die dood van Laurika Botes verwag het Kas net gesê dat sodra Langes Naude opgespoor word daar n arrestaie verwag kan word.
Sondagoggend is Kas vroeg kafee toe om die Sondagkoerant in die hande te kry. Die twee Sondag koerante het redelik prominensie aan sy persverklaring gegee met fotos van Stefan Botes, Langes Naude en waar hulle dit in die hande gekry het weet nugter maar is daar ook n foto van Chantal de Beer.
“Die vooraanstaande sakekonsultant en eggenoot van Laurika Botes, wat onlangs in n noodlottige ongeluk omgekom het, Stefan Botes, is gisteroggend gearresteer nadat hy op heter daad betrap is toe hy sy minnares, Chantal de Beer probeer vermoor het. Hy het haar probeer vergiftig deur miergif in haar koffie te gooi maar het sy onraad bemerk en nie die koffie gedrink nie. Daar het n rusie tussen hulle ontstaan en het Botes haar geklap waarin sy geval en n hoofbesering opgedoen het.
Die ondersoekbeampte in die ongeluk van Laurika Botes het net betyds op hulle afgekom toe hy Chantal besoek het vir verdere ondervraging na die ongeluk van Laurika Botes waarin Stefan Botes n verdagte is.
Volgens Chantal de Beer vermoed sy dat Botes haar die swye wou oplê omdat sy gedreig het om polisie toe te gaan om meer inligting oor Laurika Botes se ongeluk te verskaf wat teen hom kan tel. Enigeen met inligting waar Naude hom bevind kan kapt. Dreyer by tel……. Skakel.
Heel tevrede wys Kas die berig en die fotos vir Annetjie: “As hierdie berig en beloning darem nie n haas opjaag nie weet ek nie so mooi nie. Vyf duisend rand is n paar rand, veral vir die kringe waarin hierdie mense beweeg, en ek glo dat iemand Langes se wegkruipplek verraai”.
Na so n paar oomblikke kyk Kas vir Annetjie: “Ek dink ek gaan vir mnr. Botes in die selle kuier vir verdere ondervraging. Gaan hom die koerantberigte wys. Dalk besluit hy nou om te praat, al is dit net om homself uit die moeilikheid uit te probeer lieg. Ek sal vir Andrew Murray ook in kennis stel dat ek Botes verder gaan ondervra, dalk besluit hy om Botes om te haal om n verklaring af te lê”.
5 Kommentare
-
-
Arnold
Die stroppe raak al stywer om die nekke.
-
Kiekies
Nou wil ek hoor wat die knaap vorendag mee gaan kom! Hy was darem erg dom vir 'n slim man.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Die poppe begin nou behoorlik te dans!