RESENSIE: Le Havre, die film
RESENSIE: Le Havre, die film
‘n Skeeps-vraghouer onderwegs na London word per abuis in ‘n Franse hawe afgelaai. Dit word na twee dae eers in die groot houerstapel ontdek omdat iemand ‘n kind hoor huil het. Dis naamlik vol swart mense uit Afrika wat onwettig in England hul geluk wou soek. As die slot stukkend is en die doeane- en ander beamtes in die houer indring, ontsnap ‘n seun en loop weg.
☼
(Aki Kaurismäki; Finland/Frankryk/Duitsland, 2011) (Sê Kouriesmêkie)
☼
Nou word hy met die volle geweld van die staat gesoek. Die verhaal sou aangeleen wees aan ‘n ware begewenheid, en die egte video’s uit die TV-nuus van daardie jare word in die speelfilm ingeblend: Die ruiming en platskraap van ‘n kamp vir daklose, illegale, ongewenste buitelanders. Die vraag word opgewerp maar nie beantwoord nie: Waarnatoe kan hulle nou gaan?
Die storie handel nie net van hierdie veertien- of vyftienjarige nie, maar van die mense wat hom vind en beherberg en skuiling bied: Arm mense wat self slegs met moeite oor die ronde kom, wat mekaar besteel, ‘n skoenpoetser wie se vrou aan kanker ly, illegale immigrante wat êrens ‘n dokument in die hande gekry het wat hulle vir die owerhede aanneembaar maak, van ‘n vrou wie se man deur ‘n polisiekommissaris, ‘n persoonlike vriend, in hegtenis geneem is, en wat later in die tronk gesterf het. Hoe kom al hierdie mense met hulle ontoereikendhede met mekaar uit? Hoe gaan hulle met mekaar om?
☼
Kaurismäki is ‘n finse regisseur van naam. Die Finne is ‘n merkwaardige volkie, diep, diep treurig-melancholies, maar behoort tot die beste tango-dansers in die wêreld. Hierdie regisseur se blik boor diep in die siel van sy karakters in, en daar ontstaan portrette in mini-formaat. (By Jamie Uys het iemand dit op ‘n keer „vignette” of „cameo’s” genoem, ongeveer: klein „waarprente” van iemand se siel, is bedoel). Hy het sy Finse stam-toneelspelers en soek in die land waar hy ‘n film draai die passende spelers vir sy ander rolle. (So maak dit die meeste, en ons sien by voorbeeld bekende Deense of Sweedse toneelspelers in ‘n Italiaanse of Spaanse film, of omgekeerd.)
Kaurismäki sélf skyn ‘n bietjie skurriel te wees en daar is altyd minstens een skurriele karakter in sy filme. Die polisiekommissaris: ‘n klein harde, kantige, skerp, onaangename persoonlikheid wat nie hard nie maar bars praat en nie die vaardigheid het om vreugde of ergenis of woed of enigiets te toon nie. Hy, wat oral snuffel en beproef en mense skrik op die lyf jaag, red die klonkie. Maar op so ‘n manier dat dit al verby is voor iemand merk dat dit ‘n mooi gebaar was nie.
Aki Kaurismäki, ‘n naam om saam met die Duits-Turk Fatih Akim, die Duitse Doris Dörries en die Spaniër Pedro Almodóvar aan die badkamerspieël te kleef. Ingeval hulle binne tweehonderd kilometer te sien gaan wees.
☼
©13e.Februarie2017………◄]:o(…||…(o;Þ…………………………..(2012)je
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.