
roep
soos ‘n stem
in donker nag
snyend indringend
onmiskenbare woorde
helder sonder droom
sonder skroom
deurdringend
onvergeetbaar
woorde wat gedagtes
sonder twyfel onderbreek
diepsnyende wete
dit is so
geroepe is jy
al wil jy daarteen stry
jare lank onder jouself skuil
verskonings fabriseer
ander dinge begeer
dit wil negeer
falser as vals
jou lewensloop
verwater is jou boodskap
kakofonies basuin jou stem
dissonansie onmelodieus
jou gesnik
jou roep
uit jou eie woestyn
hang soos mis oor die see
getuienis van droë weer
wat hartstogtelik drup
in sopnat refrein
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.