Jongste aktiwiteit:

Miljoen myl mymering

Pikswart perdepote
skets halfsirkels in sand
stomend’ neusgate vleuel
in sy grynslag geen teuel

Maanhare wind-wapper
as ruiter weer kind raak
miljoene myl –mymering
verberg in stofwolk waas

Figuur en fors- hings
smeltend stil saam
êts stippelklein ver
teen die rooibalgloed

Snel so ongestoord
op hul duet tog voort
as hul vry- vol vrede
oor horison verdwyn




Ek skryf om leeg te word van wêreldse struikelblokke en voller te word met die talent wat my Skepper aan my toevertrou het. So glo ek dat mens tree vir tree en woord vir woord eendag weer oorwinning sal behaal.

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • MVvW het n geregistreerde lid geword

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak