
rojaal
om op my duin te staan
sal weer wees soos om rojaal
die lewe te leef van voorheen
lank, lank gelede was dit net
die smulpape van die kerk
en vandag die vet katte
wat hulself politici noem
wat rojaal kon leef
mens het egter
nie net baie kos
en vreeslike weelde
nodig om rojaal te leef
die natuur om jou, teenoor
die beton oerwoud van die stede
laat mens ook voel of jy rojaal leef
daar is heelwat plekke wat die naam Rojaal dra
dui dit dan op die rusplek vir smulpape
of maar net ‘n rusoord vir die siel
rojaal is die plek waar mens
gebraaide duiwe uit die lug
kan ontvang – spreekwoordelik
maar dit klink soos ‘n utopie
in die swerftog van
my gees
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.