Jongste aktiwiteit:

rondomskrik


moet nooit jou oë wegdraai
wanneer jy langs die see stap nie
onverwags kom daar ‘n groter brander
wat jou voete onder jou uitlig

om waaksaam te wees is goed
dit beteken nie om heeltyd om te kyk
heeltyd bang te wees vir die onbekende nie
wees net bewus van wat om jou aangaan

nogtans kry mens jou “heitjou” oomblikke
wanneer iets of iemand jou groot laat skrik
wees dan wakker genoeg om te reageer
jouself te verdedig en paraat te wees

©Teãrlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed