Rooi Stempel
in vele koppe
versamel stories
eers oorvertel in fabels
toe verdoesel in doktors grade
maar nou verkrygbaar in alle formate
kopsweet word vasgevang
in duistere dik leer boeke
dan ingeploeg in leerlinge
deur die eeue heen
maar nou verkrygbaar in alle formate
is die kennis strewe
en die felle studie stryd
die mensdom se grootheidswaan
of net nog ń rooi wasseël
op nog ń graad?
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.