
Ryloop
die pad is gatlik
met gruis klippies
geskraap om glad te lê
met mooi horisonne
vir sit, baie wag en hoop
in kafees met oompies gesels
leeglêers ook vermaak
maar die tyd het geloop
met min sukses
in mense oë
met ń brul
stop geleenthede
terwyl ma wag
vir boek geskryf en selfoon nuus,
heelaas altwee is stofgetrap
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.